News

Carletonville-ongeluk eis drie

Drie mense is dood en vier ander beseer tydens 'n ongeluk sowat 9km buite Carletonville.

Drie voertuie was gisteroggend betrokke in die ongeluk.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, is nooddienspersoneel vroeg op 4 Junie na die toneel ontbied. Met hul aankoms op die toneel was die drie voertuie verspreid oor die toneel.

Vier mans het reeds uit die voertuie geklim, maar drie ander was vasgekeer in die wrakke. Met nadere ondersoek het nooddienspersoneel gesien dat die drie mans wat vasgekeer is, reeds aan hul veelvuldige beserings beswyk het.

Twee van die vier mans wat uit die voertuie kon kom het kritiese beserings opgedoen en is per helikopter hospitaal toe geneem, terwyl die ander twee per ambulans hospitaal toe geneem is.

Die polisie ondersoek die voorval

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button