News

Twee kinders brand dood in huis

'n Tragiese toneel het Sondagmiddag by die kwartiere van die Dunnotar militêre basis buite Nigel afgespeel toe twee kinders doodgebrand het.

Die voorval het omstreeks 16:40 plaasgevind toe die ma van ’n ses maande oue babameisie en die pa van ’n 12 maande oue seun die kinders by ’n verwarmer laat slaap het, het kapt. Johannes Ramphora van die Gautengse polisie aan News24 gesê.

“Die verwarmer het glo ontplof en die beddens aan die brand gesteek,” sê Ramphora.

Die pa, wat probeer het om die kinders te red, het ook brandwonde opgedoen en hospitaal toe geneem.

’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

Bron: Huisgenoot.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button