News

Twee volwassenes en kind in veld gevind; verbrand

Twee volwassenes en ’n kind, vermoedelik 13 jaar oud, is Maandagoggend in ’n veld buite ’n landgoed naby Centurion gevind.

Volgens Russel Meiring, ER24-woordvoerder, is nooddienspersoneel net voor 08:00 na die toneel ontbied.

Hulle het die lyke van twee volwassenes en ’n kind in die veld gevind. Al drie is op die toneel dood verklaar..

Dit lyk asof die drie oorledenes vasgebind, gemuilband en aan die brand gesteek is.

‘n Nadoodse ondersoek sal gehou word om dit te bevestig.

Die voorval word ondersoek.

 

Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button