Paul Prinsloo is tydens die Parys-muurbalklub se prysuitdeling en jaarvergadering op 12 Mei as die kllub se Mees Waardevolste Speler aangewys vir sy aandeel om ’n top o.11 seunsspan op die been te bring. Al vyf seuns van die Vrystaat o.11-span is van die Parys-muurbalklub en is ook een van die beste spanne in die land met Joe Meyer wat as nr. 1 geplaas is, Lukas Meyer as nr. 2, Wolf Hamm as nr. 3, Petrus-Louw van Rhyn as nr. 4 en David Meyer as nr. 5. Die span was ook onoorwonne in die Vaaldriehoek-liga.Voorwaar ’n besonderse prestasie. Hier ontvang Paul die trofee van Robert Thompson wat as addisionele komiteelid ook hulp verleen met toernooie.
Martin Lindeque het die Beste Vordering getoon plaaslik sowel as in die Vaaldriehoek. Hier oorhandig Robert Thompson sy trofees aan hom.
Celest Swanepoel is Parys-muurbalklub se nuwe Dames klubkampioen. By haar is komiteelid Robert Thompson.
Elda is deur die Parys-muurbalklub bedank vir haar baie ure se onbaatsugtige diens aan die klub. Robert Thompson het die blomme aan haar as blyk van waardering oorhandig. Tydens die klub se prysuitdeling en algemene jaarvergadering op 12 Mei is die komitee vir die 2015/2016 termyn ook gekies. Die komitee is Ian van Rooyen (voorsitter), Rohan Kruger (sekretaris), Christian Dannhauser (onderhoud), Marlize Gabers (tesourier en mediaskakeling), Elize Prinsloo (afrigting juniors) en Robert Thompson (addisionele lid wat ook help met toernooie). Elize se afrigtingskontrak met die Parys-muurbalklub is hernu vir ’n verdere vyf jaar.
Jaco van der Westhuizen is erken as Mans kam- pioen van die Parys-muurbalklub. Robert Thompson het die trofee aan hom oorhandig.
Christian Dannhauser en Lialma Sinclair is as die Parys-muurbalklub se Senior Dubbels wenners aangewys. By hulle is Robert Thompson wat hul trofees oorhandig het.
Heinie Rutkowski en Joe Meyer het die Senior/Junior Dubbels gewen. Boonop is Joe ook as die Mees Belowendste speler van die Parys-muurbalklub aangewys. By hulle is Robert Thompson.
Die Parys-muurbalklub se beste Laerskool Dogter-speler vir 2014 is Almari Claassen. By haar is Robert Thompson, wat die Elize Prinsloo wisseltrofee aan haar oorhandig het. Joshua van Zyl is aangewys as die Beste Laerskool Seunsspeler vir 2014 en was afwesig met die neem van die foto.