News

Bekende sanger se ma sterf op R59

SASOLBURG - Die bekende sanger Adam Barnard se ma is die week oorlede nadat sy in ’n kop-aan-kop-botsing op die R59 betrokke was.

Die sanger en voormalige lid van die mansgroep Romanz, se ma, Christie Barnard, is op die pad tussen Sasolburg en Parys in ’n motorongeluk dood terwyl sy op pad was om hom op te laai vir dialise in Potchefstroom.

Adam se skakelbeampte, Henri Scott, het gesê sy is op slag dood in ’n botsing reg van voor teen ’n ander motor.

Die ander slagoffer is Adam se goeie vriend van Parys se pa, Sarel Human.

Volgens Netwerk24 was 61-jarige Christie van plan om ‘n nier aan Adam te skenk, omdat hy sedert sy kinderdae aan die niersiekte Bartter-sindroom ly, en die nieroorplanting weens nierversaking benodig.

Adam het in Junie 2016 ernstig siek geword voor ’n vertoning in Bloemfontein. Scott het mense namens die familie vir hul ondersteuning en liefde bedank.

Adam en sy ma

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button