Elda is deur die Parys-muurbalklub bedank vir haar baie ure se onbaatsugtige diens aan die klub. Robert Thompson het die blomme aan haar as blyk van waardering oorhandig. Tydens die klub se prysuitdeling en algemene jaarvergadering op 12 Mei is die komitee vir die 2015/2016 termyn ook gekies. Die komitee is Ian van Rooyen (voorsitter), Rohan Kruger (sekretaris), Christian Dannhauser (onderhoud), Marlize Gabers (tesourier en mediaskakeling), Elize Prinsloo (afrigting juniors) en Robert Thompson (addisionele lid wat ook help met toernooie). Elize se afrigtingskontrak met die Parys-muurbalklub is hernu vir ’n verdere vyf jaar.
We Use Cookies
We use cookies to help improve your experience and to show you relevant advertising. To learn more about cookies, please read our Privacy Policy.