News
Fietsryer sterf buite Potch na moontlike tref-en-trap
n Fietsryer is Sondagaand dood na hy moontlik in 'n tref-en-trap ongeluk betrokke was.
Die voorval het op die Schoemansdrift-pad sowat 10 km buite Potchefstroom in Noordwes plaasgevind.
Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, se paramedici het die man meters van sy fiets aangetref. Hy het verskeie noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.
Daar word vermoed dat die voertuig wat die fietsryer raakgery het, die toneel verlaat het voordat die paramedici opgedaag het.
Plaaslike owerhede stel ondersoek in.
Enigiemand met meer inligting word versoek om die naaste polisiekantoor of Crimeline by 800-423-TIPS (8477) te bel. Inligting kan ook anoniem via ’n SMS aan Crimeline by 32211 gestuur word. ’n SMS kos R1.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



