News

Vrou doodgery in Blackwoodstraat; twee ander beseer

VEREENIGING. - 'n Vrou is dood en twee ander beseer na 'n vragmotor vanoggend in 'n fietsryer en twee voertgangers vasgery het.

Die voorval het by die Blackwoodstraat- en Ringweg kruising, Drie Riviere gebeur.

Nooddienspersoneel van ER24 is om 08:25 na die toneel ontbied waar hulle die vragmotor langs die kant van die pad gevind het. Drie vroue het ‘n entjie weg langs die pad gelê.

Nooddienspersoneel het ondersoek ingestel en gevind dat een van die voetgangers noodlottige beserings opgedoen het. Hulle kon ongelukkig niks vir haar doen nie. Sy is op die toneel dood verklaar.

Die ander twee vroue het geringe tot ernstige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel voor hulle onderskeidelik na Kopanong-hospitaal en Sebokeng-hospitaal geneem is.

 

Die voorval word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button