News

Potte kook vir liefdadigheid

VANDERBIJLPARK. - Met die heerlike reuk van potjiekos in die lug en die geselligheid wat daarmee saamgaan, was die Potjiekosdag wat op 27 Mei by Builders Warehouse in Bedworthpark gehou is, ‘n groot sukses.

Buiten Builders Warehouse was die radiostasie IFM 102.2, Lusa Community Chest, die SA Polisiediens, Vesco en MooiVaal Media (Vaalweekblad en Ster) by die organisasie van die dag betrokke.

 

Sakeondernemings en die publiek kon inskryf en daar is omtrent ‘n hond uit ‘n bos gekook en dit boonop vir liefdadigheid. Elke span kon kies watter pot hul wou maak en aan die einde van die dag is die kos aan behoeftige instansies wat na bejaardes en kinders omsien, geskenk.

 

Groot dank gaan aan elkeen wat die dag moontlik gemaak het, in besonder die besighede wat ingeskryf het: Euro Panelbeaters (Tsepong Care Centre), KLM Auctioneers (Katleho Home), Kia Vanderbijlpark (Umephi), Hyundai Vanderbijlpark (Sasol Youth Care), SAPD (Emfuleni Shelter for Kids), MooiVaal Media (Sukusambe), Lusa Community Chest (Mc Kay Children’s Village), Vasco (McKay Shelter), SI Makelaars (Lerato Home), Brickforce (Annani 1), IFM 102.2 (Ananni 2), Builders Warehouse (Good Samaritan), CANSA Vaal (Te Huis Ebenhaezer), Alwyn Wilken (Danté Chan Community Centre), Mooirivier Makelaars (Brandon).

 

Dave Hammond van IFM sê die dag was ‘n groot sukses en hulle beplan om dit ‘n jaarlikse instelling te maak.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button