News

Taxi-staking: Motorfietsryer ernstig beseer.

'n Motorfietsryer het vanoggend net na 08:00 ernstige beserings opgedoen na 'n groot klip, wat glo deur stakers in die pad gesit is, sy motorfiets getref het.

Volgens Nick Dollman, woordvoerder vir Netcare911, is die man per helikopter na ‘n nabygeleë hospitaal vir verdere behandeling geneem.

Intussen het die AA (Automobiel Assosiasie) gesê die staking wat chaos op Gauteng se hoofweë veroorsaak moes beter deur owerhede hanteer word.

Volgens inligting is sommige taxi’s al van 03:00 af besig om paaie te versper. Volgens die AA moet die vraag, waarom dit toegelaat word, gevra word.

Die staking gaan oor die hoë koste van minibustaxi-aankope. Taxi’s gaan van vroegoggend uit verskeie rigtings in Gauteng na die kantoor van die South African Taxi Finance in Kerkstraat, Midrand, beweeg en om 10:00 hul beswaar aan die direkteurs van die maatskappy oorhandig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button