News
Drie dood, sewe beseer in ongeluk op N4
Drie mense is dood en sewe beseer tydens toe twee voertuie gistermiddag op die N4 naby Mbombela (Nelspruit) gebots het.

Volgens Chris Botha, woordvoerder vir Netcare911, het die bestuurder by ‘n afdraend beheer oor sy voertuig verloor as gevolg van die reën. Hy het toe met ‘n aankomende motor gebots.
Met paramedici se aankoms by die toneel het wrakstukke verspreid oor die pad gelê en die voertuigwrakke het op die ryvlak gestaan.
Drie vroue is dood.
Paramedici het alles in hul vermoë gedoen om die beseerdes op die toneel te behandel voor hulle na verskeie hospitaal toe geneem is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



