CommunityLocal newsNewsNews

Drie beseer na ongeluk op Barrageweg

VANDERBIJLPARK. - Twee mans en 'n vrou is beseer na 'n ongeluk vroegaand Dinsdag 20 Junie waarin drie voertuie betrokke was.

VANDERBIJLPARK. – Twee mans en ‘n vrou is beseer na ‘n ongeluk vroegaand Dinsdag 20 Junie waarin drie voertuie betrokke was.

Die ongeluk het na 18:00 op Barrageweg gebeur toe die wit Toyota Hilux bakkie vermoedelik wou indraai na die kleinhoewes. Volgens inligting op die toneel het ‘n swart Peugeot vermoedelik agter teen die Hilux bakkie gebots en die bakkie voor ‘n aankomende wit Chevy Spark ingestamp. Die Chevy het die bakkie aan die passasierskant getref. Twee mans is op die toneel onderskeidelik deur ER24 en Netcare 911 behandel en die vrou is per ambulans na die hospitaal geneem vir behandeling.

FOTOS: Jannie du Plessis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button