Misvormde lammetjie wat soos ‘n ‘mens lyk’ laat oë rek
Foto's van 'n erg misvormde lammetjie, wat met die eerste oogopslag 'n menslike vorm het, het soos 'n veldbrand op sosiale media versprei en behoorlik die oë laat rek.
Daar is deur die Oos-Kaapse departement van landelike ontwikkeling en lanbouhervorming bevestig dat dit nie ‘n slenter is nie.
Volgesn dr. Lubabalo Mrwebi, hoofdirekteur van die Veterinery Services in Lady Frere in die Oos-Kaap waar die lammetjie gebore is, meen die lammetjie is nie menslik nie, maar ‘n doodgebore skaaplammetjie. Hy vermoed die lammetjie is deur Rift Valley-koors besmet in die vroeë stadium vand ie skaap se swangerskap.
Hy sê ook dit is nie ongewoon vir dragtige diere om vroeg in hul swangerskap deur virusse besmet te word nie. Dit lei egter tot die ontwikkeling van misvormings in die groeiende fetus.
Die departement sal egter ‘n nadoodse ondersoek doen en die resultate sal bekend gemaak word sodra dit afgehandel is.



