EntertainmentEventsLifestyle

Amper tyd vir Eureka-dinee

Dit is weer tyd vir sakeondernemings om gereed te begin maak vir Eureka Skool se groot jaarlikse dinee.

 
VEREENIGING. – Dit is weer tyd vir sakeondernemings om gereed te begin maak vir Eureka Skool se groot jaarlikse dinee. Hierdie is waarlik elke jaar ‘n spoggeleentheid waar ondernemings hul kliënte, bestuurspanne, kollegas en vriende kan trakteer. Moenie hierdie geleentheid misloop nie!

Vanjaar se dinee vind plaas op 26 Julie om 18:30 by Lion’s Creek in Glen Donald. Individuele plekke kan teen R300 per persoon gekoop word, of ‘n volle tafel vir tien mense kan teen R3 000 bespreek word.

Die ekonoom Dawie Roodt tree as gasspreker vir die aand op en vermaak gaan verskaf word deur Vernon Barnard van “The Voice”.

Dit gaan dus beslis ‘n aand uit die boonste rakke wees. Daar is slegs plek vir 300 gaste (30 tafels).

Bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom.

Vir meer besonderhede of besprekings, skakel Santie by (016) 421 1064 of 079 880 8056 of stuur ‘n e-pos aan eurekaskool@iburst.co.za

Related Articles

 
Back to top button