Groot fees by Valie Pretville-kaskarwedren
Daar was onlangs weer hope pret toe Vaalpark Primêre Skool se jaarlikse kaskarwedren in die dorp gehou is

SASOLBURG. – Daar was onlangs weer hope pret toe Vaalpark Primêre Skool se jaarlikse kaskarwedren in die dorp gehou is.
Tydens hierdie geleentheid kry elke ouer die geleentheid om sy kind om die baan te stoot met ‘n kaskar. Dit word in graad- en klasverband gedoen. Die kaskarpret, tesame met die heerlike Pretville-atmosfeer waartydens die Ouervereniging en Valie-ouers heerlike kos in die markiestente voorsien, was soos gewoonlik ’n besondere onthou-geleentheid op Vaalpark Primêr se jaarlikse kalender.
Almal was getooi in egte 50’s styl en het perfek ingepas by die tema. Vanjaar het die skool ook sy eko-skoleprojek deel van die geleentheid gemaak. Elke kind in die skool moes ‘n herwinde tweeliter-koeldrankbottel skool toe bring, wat hulle met pastelkleure gekleur het. Hierdie bottels is gebruik om die baan te vorm, waarbinne die kaskarwedren plaasgevind het.
* Die organiseerders en skool bedank graag die borge wat bygedra het tot die sukses van vanjaar se wedren: NGK en Pablo Clark Racing, Steers, Debonairs en Fish Away, Trent Trucking, Le Grandt Woodcraft, Batho Pele Construction, Wimpy Riverside, Oil Stoffeerders, Number Plates and Signs, AV Theron en Swanepoel Prokureurs, Be my Guest Gastehuis, Air Products, Pizza Boss, Giramundos, Ster Kinekor, DG Construction, Akker Jakker Speelgroepie, Gasmart, Heritage Museum en Vaalpark Snoepie, sowel as MooiVaal Media vir die publisiteit.
Foto’s: Pret by vanjaar se kaskarwedren wat deur Vaalpark Primêre Skool aangebied is.





