News
Springbok-woonstelle brand
'n Brand het vroeër vanaand by die Springbok-woonstelle in Duncanville uitgebreek.

Die oorsaak van die brand is egter nog onbekend, maar die brand het op die boonste verdieping begin en drie woonstelle was sover in die slag.
Emfuleni Brandweer is na die toneel ontbied en die brand is op die oomblik onder beheer.
Springbok-woonstelle is in Springbokstraat geleë.
Volgens DA-raadslid, Elize Aucamp, is nog brandweerwaens oppad om bystand te lewer.
Die woonstelblok is ontruim en die elektrisiteit in die gebied is ook nou af.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



