MooiVaal Media se personeel in nasionale wedstryd vereer
MooiVaal Media se Vaaldriehoekspan is gisteraand (23-6-2017) by die jaarlikse toekenningsaand van die "Forum for Community Journalists" (FCJ) by die Leriba Hotel in Pretoria met verskeie toekennings beloon

MooiVaal Media se Vaaldriehoekspan is gisteraand (23-6-2017) by die jaarlikse toekenningsaand van die “Forum for Community Journalists” (FCJ) by die Leriba Hotel in Pretoria met verskeie toekennings beloon. Dit is ‘n groot prestasie aangesien honderde van Suid-Afrika se verslaggewers en fotograwe van Media24, Caxton sowel as onafhanklike gemeenskapspublikasies aan die wedstryd deelgeneem het.
Die Vaaldriehoekse presteerders (Vaalweekblad & Ster) sluit in:
Jannie du Plessis (Derde in die afdeling: Multimedia Joernalis van die Jaar, en 7de in die afdeling: Nuusfoto’s).
Retha Fitchat (Derde in die afdeling: Redaksionele kommentaar).
Schalk le Roux: Finalis in die afdeling: Fotograaf van die Jaar en sy opskrifte is ook as die beste aangewys).
Ettienne van Rensburg: Behaal top tien in die afdeling: Beste Nuusfoto sowel as Beste Sportfoto en is ook in die top tien vir die afdelings: Sportskryfwerk, Fotograaf van die Jaar en Sportjoernalis van die Jaar.
Elsje Vermeulen: Naaswenner in die afdeling: Geleentheidsfoto’s.
“Om hierdie soort erkenning in ‘n nasionale kompetisie te kry is baie lekker, maar die lekkerste is om te weet ons maak deur ons werk ‘n bydrae in ons Vaaldriehoekse gemeenskap,” sê die span.
* Die Noordwes-tak van MooiVaal Media is ook met verskeie toekennings vereer. Potchefstroom Herhald het onder andere as naaswenner weggestap in die afdeling vir verkoopte koerante met ‘n sirkulasie van minder as 10 000 per week. Mnr. Thys Foord, hoofbestuurder van MooiVaal Media, het sy spanne in die Vaaldriehoek en Noordwes gelukgewens en sê hy is baie trots op die personeel se prestasies.



