News

Doodskis-video: Waar staan sake nou?

Die verhoor van Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29) wat daarvan beskuldig word dat hulle 'n man in 'n doodskis gedruk het, se verhoor sal na verwagting vandag in Middelburg, Mpumalangs, begin.

Die twee mans is aanvanklik van ontvoering en aanrandig met die doel om ernstig te beseer aangekla, maar gedurende Maart is dit bekendgemaak dat poging tot moord ook by die klagstaat gevoeg word.

Die beskuldigdes het aangevoer die slagoffer, Victor Rethabile Mlotshwa, het koperkabels gesteel en hulle wou hom ‘n les leer en wou hom nie leed aandoen nie. Mlotshwa sê weer hy het deur die veld gestap toe hy voorgekeer, vasgebind en aangerand het.

In die video kan jy sien hoe ‘n man wat huil deur twee ander in ‘n doodskis ingedwing word. Ind ie agtergrond sê ‘n mansstem: “Kom nou, ons wil die petrol ingooi man, klim in.

Die voorval het op 17 Augustus naby die Komati-kragsentrale plaasgevind. Die video wat op sosiale media gedeel is, het soos ‘n veldbrand versprei. Die beskuldigdes meen die voorval was op 9 Septemeber. Mlotshwa het in November eers ‘n saak by die polisie aanhagig gemaak en gesê hy voel verneder.

Die twee beskuldigdes is borgtog geweier.

Die saak is van 26 tot 29 Junie op die hofrol geplaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button