DA: Mense van Emfuleni moenie van hul basiese menseregte ontneem word nie
VANDERBIJLPARK. - Die Demokratiese Alliansie (DA) sê die Gautengse LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Paul Mashatile, moet verseker dat die mense van Emfuleni nie van hul basiese menseregte ontneem word nie.

Dit volg na Rand Water Vrydag die watertoevoer na die Emfuleni Munisipaliteit met 20% verminder het omdat die muni8spaliteit nie hul skuld van R70 miljoen kon vereffen nie.
Die 20% vermindering beteken ‘n daling in waterdruk en dat inwoners wat in hoogliggende gebiede woon veral benadeel word, aangesien water nie hul huise bereik nie. Skole, hospitale en ouetehuise word ook deur die verlaagde watertoevoer geraak.
Die DA se koukus leier vir Emfuleni, Daddy Mollo, sê in ‘n verklaring die Emfuleni Munisipaliteit kan nie werkskeppende groei moontlik maak nie omdat dit nie die basiese dienste soos lopende water kan voorsien nie.



