News
Twee polisiemanne doodgeskiet
Twee polisiebeamptes is volgens berigte Woensdagaand by die Koffiefontein-polisiestasie, in die Vrystaat, doodgeskiet.

Toe die polisiebeamptes wat op patrollie was omstreeks 04:00 by die polisiestasie gekom het, het hulle hul twee kollegas se liggame in die aanklagkantoor aangetref.
Een van die polisiebeamptes is in die kop geskiet en die ander een in die kop en rug.
Volgens brig. Motansi Makhele, provinsiale woordvoerder, was daar geen roof by die polsiestasie nie, maar een van die slagoffers se dienspistole is vermoedelik gesteel. Die motief is egter nog onbekend,
Die voorval word ondersoek.
Bron: Maroela Media
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



