News
Motorfietsryer sterf op N3
‘n Motorfietsryer is vanoggend dood na hy met ‘n voertuig gebots en daarna onder ‘n trok beland het.

Die ongeluk het op die N3, naby Buccleuch, Johannesburg, plaasgevind.
Paramedici van ER24 is na die toneel ontbied, maar die man het toe reeds aan sy beserings beswyk.
Die voorval word ondersoek.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



