News

Honderde visse vrek in onwettige visvang-nette

VANDERBIJLPARK. - Honderde visse kan vrek in een onwettige visvang-net wat deur die waterpolisie uit ons riviere en damme getrek word.

Alles hang af van hoe lank die net is, maar tot 200 visse kan vrek wanneer net een van dié nette uitgetrek word.

Die polisie se watervleuel (Vaalrand) het die laaste ruk groot sukses behaal met die duisende meters onwettige visvang-nette wat hulle uit die Vaaldam en Vaalrivier getrek het.

Waterpolisie-vleuels van die Oosrand, Johannesburg en Pretoria het vandeesweek gehelp om dié nette uit die Vaaldam te kry.

Gister het hulle een net uitgehaal en vandag sowat 200m net uit die Vaaldam verwyder. Hulle het ook twee kano’s gekonfiskeer.

Die Vaalrand waterpolisie bedank die publiek wat inligting oor die onwettige bedrywighede verskaf.

Enige persoon met inligting kan 079 886 3604 skakel.

Die waterpolisie van vroegoggend besig

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button