Seuntjie (5) erge breinskade na byna-verdrinking
Tristan James Sellwig (5) se pa se grootste droom is om sy seuntjie te sien ‘n normale lewe ly na hy in 2014 byna verdrink het en erge breinskade opgedoen het.
Tristan, bynaam booboo, het hipoksiese breinskade opgedoen na hy op 9 November 2014 in sy ouma, Lynette Minnie, se swembad geval het. Hy was maar drie jaar oud. Toe sy sien hy het in die swembad geval het hy reeds op die bodem gelê. Sy het onmiddelik om hulp geroep, waarna die tuinier in die swembad gespring en hom uitgehaal het. Lynette en Tristan se tannie het dadelik mond-tot-mond asemhaling toegepas tot paramedici daar aangekom het.

Tristan is dadelik aan ‘n ventilator gekoppel en gevorderde lewensondersteuning is toegepas voor hy per helikopter na die Netcare Garden City Kliniek geneem is. “Ons het geen idee hoe lank hy onder water was nie, maar na 40 minute het hulle weer ‘n polsslag by hom hom gekry,” sê Tristan se pa.

Tristan was vir twee weke onder sedasie sodat hy kon herstel. Hy het daarna ‘n tragiepyp gekry waardeur hy asem gehaal het asook buisvoeding deur sy magie, omdat die ventilator se pype en die buisvoeding deur sy neus stremming op sy longe geplaas het.

Toe sy toestand verbeter het, is hy na die Netcare Rehabilitasiehospitaal in Auckland Park oorgeplaas. Hy moes van voor af leer om sy sintuie te gebruik en het stadig maar seker sy blou ogies oopgemaak soos hy sy ouers se stem begin herken het. Hy was vir drie maande in die rehabilitasiehospitaal.

Hy het goed herstel na die voorval, maar hy kan nog steeds nie loop of praat nie. Dr Alok Shamaar van Indië het Tristan ondersoek en bevestig dat die deel in sy brein wat beskadig is met behulp van ‘n stamsel-oorplanting herstel kan word. Daarna sal Tristan na verwagting weer ‘n normale lewe kan geniet.
Tristan is tans geheel en al afhanklik van sy pa, Paul, wat hom moet voer, skoonmaak en seker maak hy is gemaklik. Die gesin woon in Johannesburg.
Voor die fratsongeluk was Tristan ‘n spelerige en avontuurlustige seuntjie. Hy was mal daaroor om buite te speel en is vreeslik lief vir diere. “Hy sou in ‘n vertrek in stap en elke liewe person groet, dit maak nie saak wie jy is nie,” sê Paul. Hy weet ook dat sy seun nog steeds dieselfde is, maar as gevolg van die breinskade wat hy opgedoen het, kan hy ongelukkig nie ‘n normale lewe ly, teensy hy vir die stamsel-prosedure gaan nie.

“Hy is ten volle bewus van wat om hom aangaan en sy sin vir humor makeer ook niks. Ek wil net graag hê my kind moet ‘n lewe lei soos voor die voorval en saa met sy boetie buite speel.”
Die prosedure se koste beloop egter ‘n aardige bedrag en sal Paul $11000.00 (sowat R143 000) moet opdok sodat sy seun na Indië kan gaan om die prosedure te ondergaan. Die prys sluit egter nie vliegtuigkaartjies en verblyf in nie.
Ek sal enigiets doen om weer te hoor hoe hy sê: Ek liefie liefie liefie liefie jou baie baie baie!”
Enige person wat die Sellwig-gesin kan help om hul droom vir hul seuntjie te laat waar word kan die volgende bankbesonderhede gebruik.
Tristan Angel Trust
Nedbank
Rekening nommer: 1118185897
Takkode: 198941
Verwysing: Naam en van
Skakel gerus vir Paul by 083 963 2095 vir meer inligting.
Volg gerus Tristan se Facebook-blad: Tristan Angel Trust
Kyk videos:
https://www.facebook.com/Tristan.Angel.Trust/videos/757552734349357/
https://www.facebook.com/Tristan.Angel.Trust/videos/759579907479973/



