News
Voetganger sterf in Frikkie Meyer-boulevard
VANDERBIJLPARK. - 'n Voetganger is dood na sy vanmiddag deur 'n bakkie in Frikkie Meyer-boulevard getref is.

Paramedici van ER24 is na die toneel ontbied waar hulle die vrou in die regterkantste baan aangetref het.
Die bakkie het ‘n paar meter verder gestaan.
Die sestigjarige vrou het met paramedici se aankoms by die toneel reeds aan haar beserings beswyk.
Die bestuurder van die bakkie het geen beserings opgedoen nie.
Die voorval word ondersoek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



