News

Vragmotor bots met trein

Drie mense is beseer toe 'n vragmotor gister met 'n trein in Rustenburg gebots het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, het paramedici omstreeks 14:30 by die toneel by die Smelter-kruising, buite Rustenburg, aangekom.

Die vragmotor het aan die kant van die pad gestaan en die trein het ‘n entjie verder weg tot stilstand gekom.

Die bestuurder van die trein, haar assistent en die bestuurder van die vragmotor het beserings opgedoen.

Hulle is op die toneel behandel voor hul hospitaal toe geneem is.

Die voorval word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button