News
Verdagte in Henley-moord gearresteer
'n Verdagte is volgens inligting gearresteer na die koelbloedige moord van 'n man in Henley-on-Klip vroeër die week.
Vaalweekblad het vroeër die week berig ‘n man in Henley-on-Klip is koelbloedig doodgeskiet.
Volgens konst. Maria Letsele, woordvoerder vir Meyerton SAPD, was die man, sy vrou en hul kind by die huis.
Die man was in die rekenaarkamer en het vir sy vrou geskreeu om haarseld en hul kind in die kamer toe te sluit.
Sy het gemaak soos hy sê en kort daarna ‘n geweerskoot hoor afgaan.
Sy het hom in die rekenaarkamer gevind met een skietwond in sy kop.
Meer inligting sal volg.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



