Huis van gruwels – vyf kinders veilig en beweerde verkragter weer vry
Huis van gruwels geskud – sewe kinders in veilige bewaring

MEYERTON. -Na die bandopname wat Vaalweekblad op Vrydag 29 Junie op hul webblad geplaas het van die 10 jarige dogtertjie se pleidooi dat “niemand wil ons help nie”, het verskeie dinge gebeur oor die naweek en vandag Maandag 3 Julie.
Skoknuus wat vandag ontvang is is dat die beweerde verkragter sonder borg, sonder enige vervolging, net laat gaan is. “Iemand sal egter moet sekerlik verantwoording doen,” het van die rolspelers na die skoknuus gesê.
Die jong meisie beweer in die bandopname dat sy en haar niggie gereeld deur ‘n inwoner van ’n huis op ‘n hoewe in Nelsonia buite Meyerton, herhaaldelik met pille bedwelm is en daarna verkrag is. Vrydagaand het verskeie rolspelers gepoog om die kinders uit die omtandighede te verwyder. Met ‘n rompslomp van protokol was 10 ure gemors om die kinders uit die haglike omstandighede te verwyder en dit sonder sukses. Die saak is reeds byna ‘n jaar gelede onder die aandag van die owerhede gebring en daar was geen werklike opvolg werk gedoen nie behalwe ‘n besit van onwettige vuurwapen klag en die besit van narkotiese middels.
Op Saterdag 1 Julie het verskeie rolspelers saam met die blitspatrollie en ‘n kaptein en kolonel van die polisie die huis laatnag ingegaan om die kinders te beveilig. Alhoewel die beweerde verdagte in die verkragtings van die jong meisies nie meer in die huis woonagtig was nie, is die polisie na ‘n huis verder in dieselfde omgewing waarna die beweerde verdagte toe weggehardloop het toe die polisie daar aankom. Hy is later in die veld gekry waar hy weggekruip het en is die besit van dwelms gearresteer. Hy het later ook erken dat hy die meisies verkrag het en het Maandag in die hof verskyn. Een van die meisies, juis die niggie van die meisie wat die bandopname gemaak het, het ‘n verklaring afgelê en ‘n saak van verkragting is geopen. Vyf kinders is Saterdagaand beveilig en in sorg geplaas. Twee kinders, die dogtertjie wat die bandopname gemaak het is reeds verlede jaar beveilig en haar boetie is in sorg geplaas nadat die ma dood is en die pa sowat ‘n maand gelede verdwyn het. Tans is hulle by hulle ouma vir die vakansie.
*LEES DIE VOLLEDIGE STORIE IN VAALWEEKBLAD 5 JULIE!!!
Luister gerus die hele gesprek van Anneri du Plessis se lewendige YouTube uitsending vroeër vanaand Maandag 3 Julie.
https://www.facebook.com/annari.duplessis.1/videos/10154781589202219/



