News

Ses dood, talle beseer in gru-botsing

Ses mense is dood en talle beseer toe 'n bus met 'n stilstaande vragmotor op die N8, buite Bloemfontein gebots het.

Die ongeluk het vroeër vanoggend gebeur.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, was verkeie nooddienspersoneel op die toneel.

Met hul aankoms by die toneel het hulle die vragmotor en die bus aan die kant van die pad aangetref. Die een kant van die bus was oopgeruk.

Ses vroue het geen teken van lewe getoon nie en sowat 50 ander pasiënte is vir beserings behandel voor hul hospitaal toe geneem is.

Een pasiënt wat kritieke beserings opgedoen het is per helikopter hospitaal toe gevlieg.

Die voorval word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button