News
Kleuter en ander uit voertuig geslinger tydens ongeluk
Drie mense is dood en sewe ander beseer, insluitend 'n kleuter van ongeveer twee jaar, tydens 'n ongeluk op die N4 tussen Brits en Rustenburg.

Volgens Werner Vermaak, woordvoerder vir ER24, is paramedici omstreeks 15:30 na die toneel ontbied waar hulle die twee voertuie gevind het wat van die wal afgerol en in die veld tot stilstand gekom het.
Verskeie insittendes van die taxi is uit die voertuig geslinger, insluitend ‘n kleuter van ongeveer twee jaar.
Twee mense wat naby die taxi gelê het is op die toneel dood verklaar asook een van die insittendes van die motor.
Die pasiënte is op die toneel behandel voor hul hospitaal toe geneem is vir verdere mediese sorg.
Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word ondersoek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



