News

Tweede betoging tref Midvaal

MEYERTON. - Sedert Sondag is die R59 tussen die Johan le Roux- en Meyer-afrit gesluit na ontstoke inwoners van Sicelo die pad met brandende bande en klippe versper het. En nou is die R82 tussen Walkerville en De Deur ook gesluit.

Inwoners van Savanna City het hul kommer oor seker kwessies met die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit opgeneem en ‘n vergadering is met die openbare beskermer vir Donderdag (6 Julie) om 10:00 gereël, maar hulle het besluit om nie verder te wag nie.
Daar is ongelukkigheid onder die inwoners oor die begroting, tariefverhogings, erfbelasting en watermeters. Hulle versoek ook dat ‘n skool, polisiestasie, winkelsentrum en busvervoer aan hulle voorsien word.
Hulle het op 28 Junie ‘n memorandum aan die munisipaliteit oorhandig.
Volgens Mpolokeng Pooe, woordvoerder vir Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, het hulle alles in hul vermoë gedoen om die kwessies wat in hul jurisdiksie val, op te los. Die gemeenskap van Savanna City is egter nie tevrede met die terugvoer nie. Die meerderheid van die kwassies val buite die jurisdiksie van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit
Die saak word egter deur die openbare beskermer hanteer en daar is voorgestel om ‘n formele vergadering op 6 Julie te hou voor inwoners begin betoog.
Hulle het egter vandag, een dag voor die vergadering, begin met ‘n optog.
Motoriste word gevra om alternatiewe roetes te gebruik. Midvaal Plaaslike Munisipaliteit vra om verskoning vir die ongerief wat deur die betogings veroorsaak is.

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button