CommunityLocal newsNews
Dié week in die nuus
Vaalweekblad van 12 Julie 2017 is op straat, en hier is 'n voorsmakie van die nuus:

Retha Fitchat
* Refentse se humoristiese nuwe liedjie, Vuil Vanderbijl, skiet vinnig op na topposisies op die land se treffersparades… maar is dit ‘n “wake-up call” vir inwoners van die dorp? Kom ons maak ons dorp skoon!
* Die motorfietsryer wat Saterdag erg in ‘n val beseer is, sterf ‘n dag later :-(
* Inwoners van Metsimaholo gaan binnekort weer moet stem nadat die munisipaliteit onder administrasie geplaas is.
* Wat is die nuwe situasie met vuurwapen-lisensiehernuwings?
* En hoe maak jy om jou bestuurderslisensie te hernu?
* Rowerbende teiken woonhuise en gastehuise in die Vaaldriehoek se deftige woonbuurte. Wees maar waaksaam!
* Verskeie mense van ander gebiede in die land word deur internetskelms na die Vaaldriehoek gelok om hulle uit hul geld te kul. ‘n Aanlynmark gee raad oor hoe jy sulke skelms betyds kan uitken.
* Maria Jardim van Pets Kingdom is woedend vir die mense wat verantwoordelik was vir die dood van haar geliefde reuse Burmese Python.
Onthou ook die SMS-rubrieke, leserkommentaar, werksoekers- en maatsoekers se SMSe.
Dan is daar ook hope vuurwarm sportnuus – iets vir almal!
Koop jou Vaalweekblad vandag teen net R5-40 by jou naaste straatverkoper of kafee. Lekker lees! – Vaalweekbladspan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



