CommunityLocal newsNewsNews

Taxi ongeluk – baie beseer (Video en fotos – Jannie du Plessis)

SASOLBURG. - Nie minder as agt ambulanse moes vroeg vanoggend 12 Julie gebruik word om die sowat 16 beseerde pasiënte te vervoer na 'n taxi ongeluk vroeg vanoggend op die R57 rigting Vanderbijlpark net voor die brug oor die Vaalrivier.

SASOLBURG. – Nie minder as agt ambulanse moes vroeg vanoggend 12 Julie gebruik word om die sowat 16 beseerde pasiënte te vervoer na ‘n taxi ongeluk vroeg vanoggend op die R57 rigting Vanderbijlpark net voor die brug oor die Vaalrivier.

Die ongeluk het ongeveer 07:00 plaasgevind toe die bestuurder met ‘n vol vrag passasiers waarskynlik beheer verloor het en teen die wal aan die linkerkant van die R57 afgerol het. Die sloot is ongeveer 5m diep tussen die R57 en die Modderfontein pad. ER24, Gauteng Provinsiale Ambulansdiens en Vaal Emergency Care was maar van die ambulanse wat ongeveer 16 van die pasiente, wat gewissel het van lig beseer tot ernstig na verskeie hospitale in die omgewing te vervoer. Sasol brandweer en die polisie was ook op die toneel en die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button