News

Man kritiek beseer na vragmotor-ongeluk

SASOLBURG. - Verkeer op die R59, buite Sasolburg, rigting Parys, was gister vir etlike ure ontwrig na twee vragmotors met mekaar gebots het.

Die ongeluk het op die brug, waar die R59 oor die N1-snelweg gaan, plaasgevind. Die een vragmotor se voorste gedeelte het van die wal afgehang met paramedici van ER24 se aankoms by die toneel. Die bestuurder was in die wrak vasgekeer en gespesialiseerde toerusting is ingespan om hom te bevry.

Hy het kritieke beserings opgedoen en is per helikopter hospitaal toe geneem.

Die ander vragmotor het ‘n entjie weg tot stilstand gekom. Die bestuurder van dié vragmotor het nie beserings opgedoen nie.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button