V’ging het nou sy eie ‘waterval’

Dit is nou nie die Victoria Falls nie, maar soos die mense hier stop en foto's neem kan dit net sowel wees. Inwoners van die Vaaldriehoek is sedert gister in rep-en-roer oor die water wat by die afrit van die R59 na Van Riebeeckstraat letterlik uitspuit. Volgens inligting is dit een van Rand Water se hoof-watertoevoerpype wat gebars het. Die pyp moet herstel word, maar die pyp (wat strek van Johannesburg) moet eers leeggemaak word voor dit herstel kan word. Die water stroom steeds hier uit en dit is reeds meer as 24 uur sedert Vaalweekblad daar was. Kyk video hier:

 
Back to top button