CommunityLocal newsNewsNews

Nog ‘n sterfte in begraafplaas

VANDERBIJLPARK. - Met die Vanderbijlpark begraafplaas tans in die nuus met aanvalle, moorde en selfmoorde is daar gistermiddag nog 'n sterfte aangemeld wat binne die begraafplaas plaasgevind het. Die bestuurder van 'n Rooi Golf GTI met sewe insittendes het gistermiddag, Sondag 30 Julie net na 11:00, in Donges straat beheer verloor by die draai in Tielman Roos boulevard in. Die voertuig is daarna oor die randsteen en het 50m verder deur die hoë betonomheining van die begraafplaas gebars. 'n Passasier, 'n man, wat langs die bestuurder gesit het, is opslag dood nadat een van die betonbalke vermoedelik deur die dak geskeur het en hom getref het. Volgens inligting het 'n persoon op sy skoot gesit. Die ander insittendes is deur paramediese personeel behandel maar daar was geen kritieke besering nie.

VANDERBIJLPARK. – Met die Vanderbijlpark begraafplaas tans in die nuus met aanvalle, moorde en selfmoorde is daar gistermiddag nog ‘n sterfte aangemeld wat binne die begraafplaas plaasgevind het.

Die bestuurder van ‘n  Rooi Golf GTI met sewe insittendes het gistermiddag, Sondag 30 Julie net na 11:00, in Donges straat beheer verloor by die draai in Tielman Roos boulevard in. Die voertuig is daarna  oor die randsteen en het 50m verder deur die hoë betonomheining van die begraafplaas gebars. ‘n Passasier, ‘n man, wat langs die bestuurder gesit het, is opslag dood nadat een van die betonbalke vermoedelik deur die dak geskeur het en hom getref het. Volgens inligting het ‘n persoon op sy skoot gesit. Die ander insittendes is deur paramediese personeel behandel maar daar was geen kritieke besering nie.

Foto: Jannie du Plessis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button