News

Vrou dood na voertuig haar tref

'n Vrou (35) is gisteraand dood na sy vermoedelik van 'n vragmotor afgeval en toe deur 'n motor raakgery is.

Volgens Netcare 911-woordvoerder, Nick Dollman, het die voorval gisteraand omstreeks 21:15 op die N5, sowat 10km buite Kestell, plaasgevind.

Die vrou het veelvuldige beserings opgedoen.

Die insittendes van die voertuig was erg geskok, maar het geen beserings opgedoen nie.

Daar word vermoed dat die vrou agterop die vragmotor gery het.

Die voorval word ondersoek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button