News
Motorfietsryer sterf op R42
VANDERBIJLPARK - 'n 24-jarige motorfietsryer is gister dood na hy in 'n ongeluk op die R42 tussen Vereeniging en Vanderbijlpark betrokke was.

Die motorfietsryer is aan Vaalweekblad as Matthew Alexander, van Johannesburg, bekend.
Hy wou glo ‘n voertuig verbysteek toe die bestuurder van die Mercedes Benz bane gewissel het met die gevolg dat hy in Alexander vasgery het. Alexander het beheer oor sy motorfiets verloor.
Alexander was ‘n lid van die ARC Warriors.
Die voorval word ondersoek.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



