News

13-jarige beseer in Meyerton-ongeluk

MEYERTON. - Twee mense, insluitend 'n 13-jarige seun, is beseer tydens 'n ongeluk vanoggend tussen 'n voertuig en motorfiets in Pierneef-boulevard, Meyerton.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, het paramedici omstreeks 07:44 by die toneel aangekom waar hulle die voertuig in die linkerkanste baan aangetref het en die bestuurder van die motorfiets langs die motorfiets.

 

Twee pasiënte is op die toneel behandel voor hulle na Kopanong-hospitaal vir verdere mediese sorg geneem is.

Die voorval word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button