Dit gaan nag wees vir V’ging en VDBP
Eskom beplan om op 3 Oktober die elektrisiteitsvoorsiening na die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit te sny. Dit volg na dié munisipaliteit die kragvoorsiener R194 781 981.79 skuld.

Die voorlopige beplanning is om die die elektrisiteit Maandag tot Vrydag tussen 06:00 en 08:00 te sny en ook tussen 17:00 en 19:30. Naweke (Saterdag en Sondag) sal die krag af wees tussen 08:30 en 11:00 en tussen 15:00 en 17:30.
Areas wat hierdeur geaffekteer sal word is Vanderbijlpark, Vereeniging, Sebokeng, Boipatong, Tshepiso, Sharpeville en Evaton.
Enige besware, kommentaar of voorleggings kan gestuur word na:
Senior Manager: Key Accounts
18 Lesliestraat, Vereeniging, 1930
of
PO Boc 5001, Rivonia, 2018
of
emfulenipaja@eskom.co.za
of
faks: 086 621 3624
Die sluitingsdatum om beswaar aan te teken is op 8 September.



