Local newsNews

Vaal groet geliefde klavierjuffrou

'n Welbekende inwoner van Vanderbijlpark, mev. Thora Erasmus, is op 12 Julie op die ouderdom van 90 jaar oorlede

 

‘n Welbekende inwoner van Vanderbijlpark, mev. Thora Erasmus, is op 12 Julie op die ouderdom van 90 jaar oorlede. Sy was ‘n inwoner van Herfsoord in die dorp. Sy word oorleef deur drie kinders, Elmarie, Loraine en Pieter en hul gades, agt kleinkinders en 11 agterkleinkinders. Mev. Erasmus was veral bekend as talentvolle musiekonderwyseres wat 45 jaar lank klavierlesse in Vanderbijlpark aangebied het. Sy is Dinsdag, 18 Julie, vanuit die Herfsoord-kapel begrawe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button