CommunityLocal newsNewsNews
DA hooggeplaasde in Emfuleni geskiet
VANDERBIJLPARK. - Die DA leier van Emfuleni, Kingsol Chabalala is in die hospitaal nadat hy gisteraand, 11 Augustus, drie keer in die oprit van sy woning geskiet is. Chabalala sou vandag by 'n kommitee vergadering van die Gauteng Provinsiale Regering wees. Lees meer in Vaalweekblad 16 Augustus.
VANDERBIJLPARK. – Die DA leier van Emfuleni, Kingsol Chabalala, is in die hospitaal nadat hy gisteraand, 11 Augustus, drie keer in die oprit van sy woning geskiet is.
Volgens inligting is hy in die hand, arm en maag getref. Chabalala sou vandag ‘n kommitee vergadering van die Gautengse Provinsiale Regering bywoon.
Dit is nog onduidelik in hierdie stadium wat die motief agter die voorval is. Die saak word ondersoek.
Lees meer in Vaalweekblad 16 Augustus.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



