News

So reageer Emfuleni oor die ‘donker dae’ wat wag

Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het op 11 Augustus 'n persverklaring uitgereik oor die kennisgewing van Eskom dat krag in die gebied vanaf 3 Oktober onderbreek gaan word weens die skuld wat Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit die kragvoorsiener skuld.

Luidens die persverklaring het die munisipaliteit agter geraak met hul skuld aan Eskom en Rand Water as gevolg van inwoners wat nie hul rekeninge betaal nie. Die munisipaliteit is egter sedert Junie/Julie besig om die skuld te delg.

Daar is gedurende Junie/Julie ‘n bedrag van R205 893 219.96 aan Eskom oorbetaal en R230 miljoen aan Rand Water. Die huidige skuld aan Eskom staan op  R273 miljoen, waarvan slegs R51 miljoen volgens die munispaliteit ouer as 60 dae is.

Volgens Stanley Gaba van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit is die bestuur besig om met Eskom te korrespondeer om uit te vind waarom die kennisgewing geplaas is. Intussen sal COGTA onderhandelinge begin sodat diegene wat wel betaal nie negatief geraak sal word nie.

Die munisipaliteit vra dat inwoners hul skuld sal betaal sodat hulle effektiewe dienste aan die gemeenskap kan lewer. Volgens die persverklaring skuld inwoners van Emfuleni die munisipaliteit sowat R5 biljoen en dit het ‘n negatiewe impak op die munisipaliteit om finansieel volhoubaar te wees en basiese dienslewering aan inwoners te verskaf.

Inwoners wat geld skuld aan die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit word gevra om hul skuld te betaal of reëlings te tref. Inwoners kan 016 950 5109 skakel of die sentrum  by die OK-gebou in President Krugerstraat besoek.

  • Eskom het ‘n kennisgewing uitgereik dat elektrisiteit vanaf 3 Oktober onderbreek gaan word. 

Lees gerus: Dit gaan nag wees vir V’ging en VDBP

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button