News

[VIDEO] Hoërskoolleering van skool in Parys glo aangerand

Die Hoërskool Parys in die Vrystaat betreur ʼn voorval wat Maandag in ʼn gr. 9-klaskamer by die skool plaasgevind het waarin een leerling glo ʼn ander aangerand het.

 

Die selfoonvideo wat van die voorval geneem is, het soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei en groot reaksie ontlok.

In die video kan ʼn mens sien hoe die een leerling ʼn ander daarvan beskuldig dat hy hom met iets gegooi het. Ná ʼn vurige woordwisseling gryp die seun die ander leerling en gooi hom op die vloer neer, waarna hy hom slaan en skop voordat die juffrou tussenbeide tree.

Volgens Maroela Media het Lucien van Zyl, die skoolhoof, die voorval bevestig en gesê ‘n ondersoek is van stapel gestuur.

“Die skool en die beheerliggaam sien dit in ʼn ernstige lig. Dit is baie sleg vir die skool, die gemeenskap en onderwys in geheel. Ons wil egter die ouers en die gemeenskap verseker dat dissiplinêre stappe in terme van die skool se gedragskode gedoen sal word. Die departement van onderwys sal ook insake die voorval ingelig word,” het Van Zyl gesê.

 

Die identiteite van die kinders word weerhou aangesien hulle minderjarig is.

Kyk video wat deur Netwerk24 geplaas is hier: Leerling glo by Hoërskool Parys aangerand

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button