News

#GavinSkietdood: Só staan sake in die moordverhoor

VEREENIGING. – Stephanus Klopper, wat daarvan aangekla word dat hy verantwoordelik is vir die dood van Gavin Victor (20), het vandag weer vlugtig in die Streekhof in Vereeniging verskyn.

Dit volg na die tragiese skietvoorval wat op 7 Mei 2016 naby Manhattans in Drie Riviere-Oos plaasgevind het. Vaalweekblad het verlede jaar berig dat daar ‘n onderonsie tussen een van Gavin se vriende en Stephanus by Manhattans vroeër die aand was. Stephanus het glo sy pa gekontak, wat toe saam met sy seun vir Gavin en sy vriend buite gewag het. Videomateriaal wys hoe Gavin se vriend uit die voertuig geruk en aangerand word. Gavin het probeer om tussenbeide te tree, maar is drie keer geskiet.
Klopper staan tereg op aanklag van moord, twee klagtes van aanranding met die opset om ernstig te beseer, die hantering van ‘n vuurwapen onder die invloed van alkohol, die rig van ‘n vuurwapen op ‘n persoon en poging tot regsverydeling.

 

Klopper het onskuldig op al ses aanklagtes gepleit en beweer hy het slegs uit selfverdediging opgetree

 

Die saak is tot 11 September uitgestel waanneers uitspraak gelewer sal word.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button