News

Carletonville: Soektog na nog twee mynwerkers duur voort

Die liggaam van ʼn derde mynwerker wat Vrydagoggend ondergronds vasgekeer is by Harmony Gold se Kusasalethu-myn naby Carletonville, is na die oppervlak gebring.

Die Harmony Gold se Kusasalethu-myn het Vrydagoggend omstreeks 10:30 ʼn ineenstorting beleef tydens ʼn seismiese gebeurtenis ongeveer 3.1 km ondergrond. Byna 3 000 myners was besig om in die myn te werk toe dele van die myn ingestort het. Alle mynboubedrywighede by die myn is sedertdien opgeskort.

ʼn Soek-en-reddingsoperasie is van stapel gestuur na die vyf mynwerkers wat ondergronds vasgekeer is en die eerste werker se liggaam is Saterdag gevind en na die oppervlak gebring. ʼn Tweede werker se liggaam is Sondag uit die myn gehaal.

Die soektog duur voort.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button