News
Skote klap in Durban
Minstens vyf verdagtes is glo dood tydens ’n skietgeveg met die polisie ná 'n mislukte transitorooftog in Durban.
Die voorval het vanoggend in Springfield Park, net na 10:00 plaasgevind.
‘n Skietery het tussen die verdagtes en sekuriteitswagte uitgebreek. Een verdagte is noodlottig beseer in die skietery, terwyl ‘n ander een in ‘n kritieke toestand is. Die polisie kon twee verdagtes, wat in die voertuig was waarmee hulle wou vlug, arresteer.
‘n Tweede voertuig met verdagtes het glo in die rigting van Parlock gevlug waar daar skote verder afgevuur is.
Die dodetal is egter nog nie bevestig nie. Sommige beweer vyf verdagtes is dood, terwyl ander beweer ses is dood.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



