Entertainment
Hoe laat mens die liefde vir altyd blom?
VEREENIGING. - Alle alleenlopers word genooi om op 27 Augustus saam met mede-enkellopendes te kom kuier en aan ‘n gesprek met die onderwerp ‘Hoe laat ek my verhouding werk?” deel te neem.
Prof. Ras van Niekerk kom sy reeks van drie praatjies afsluit, en gaste se gedagtes prikkel met nuwe en insiggewende feite oor hierdie interessante onderwerp.
“Ons nooi alle alleenlopers hartlik uit om ons byeenkoms by te woon. Bring net ‘n bordjie eetgoed en ‘n maatjie saam,” nooi die organiseerder, Elsa du Toit. Dit vind op Sondag, 27 Augustus om 14:00 by die Methodiste Kerk in Kowiestraat 58, Drie Riviere-Oos, Vereeniging plaas.
Toegang is net ’n naamkaartjie en ‘n bordjie eetgoed. Skakel Elsa by 083 666 8341 vir meer inligting.



