13 Skoolkinders beseer toe beweerde dronkbestuurder in boom vasry
13 Skoolkinders is beseer na ’n minibus-taxibestuurder sy voertuig Maandagoggend teen ’n boom gebots het.
Hoof-superintendent Wayne Minnaar, woordvoerder van Johannesburg se Metropolisie, sê die kinders, wat almal ongeveer sewe jaar oud is, is na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem.
“Die bestuurder van ’n VW Kombi wat kinders skool toe vervoer het, moes vanoggend net ná 07:00 in hegtenis geneem word vir bestuur onder die invloed van alkohol.”
Die bestuurder sal na verwagting Maandag op aanklagte van dronk- en nalatige bestuur in die landdroshof in Meadowlands verskyn.
BRON: News24



