News
Groot dele van V’ging môre sonder elektrisiteit
VEREENIGING. - Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het 'n kennisgewing uitgestuur dat daar môre (29 Augustus) geen elektrisiteit in sekere dele sal wees nie.

Die rede vir die kragonderbreking is dringende herstelwerk wat aan die Verdun-substasie gedoen moet word wat foutief is.
Dele wat geraak word is Vereeniging, Peacehaven en Drie Riviere.
Daar sal egter tussen 08:00 en 13:00 na verwagting nie elektrisiteit wees nie, maar die moontlikheid dat die krag wel vroeër weer sal aankom bestaan.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



