Entertainment

Tweejarige by vulstasie ontvoer

'n Soektog na 'n tweejarige kind is deur die Oos-Randse polisie van stapel gestuur na vier gewapende mans die kind by 'n vulstasie ontvoer het.

Die voorval het Sondagaand in die Dunnottar-omgewing gebeur.

Volgens kapt. Thivhulawi Tshilate, polisiewoordvoerder, is ʼn 42-jarige sakeman van Etiopië die aand deur vier verdagtes by sy vulstasie in dié gebied met vuurwapens aangehou en beroof. Die sakeman se tweejarige kind, Tesny Defar, is ná die rooftog ontvoer.

Die verdagtes het in ʼn silwer Toyota Corolla met die kind, ʼn bedrag kontant en vier selfone op die vlug geslaan.

Die Dunnottar-polisie ondersoek ʼn saak van sakeroof en kinderontvoering.

Enige persoon met inligting kan Crime Stop by 08600 10111 skakel.

Tesny Defar

Related Articles

 
Back to top button